Blue Sky Ecological Reserve, Poway CA 92064. Sondag Mei 24, 2015, In and out hike. 2.3 mile one way. Total 4.6 miles. Start 11:50, Temp 64 deg F, bewolk, geen wind. Dis sommer 'n maklike vinnige rustige roete. Eerste myl plat. Elevation gain 400 feet. Verwys na die stapgids: Afoot and Afield in San Diego by Jerry Shad (3rd edition Sept 1998). Area C-3: Poway, Trip 2: Blue Sky Ecological Reserve, Bladsy 74

     
Blue Sky Parking area and Trail Head (Beginpunt)  
     
Uitsig vanaf parkeerterrein. Daar is 'n klein amfiteater vir Ranger aanbiedings. Dit is nie die beginpunt van die staproete nie. Draai om en gaan terug na parkeerterrein  
     
Uitsig wes bo vanaf die Ramona Lake se damwal. (Die Eindpunt is die Ramona Lake se damwal of te wel die omdraaipunt)  
     
Die staproete begin op 'n grond dienspad. Eerste 0.9 myl en heel gelyk  
     
Neem die bospadjie wat links afdraai na 'n wandelpad tussen pragtige bome. Die bospadjie loop langs die grondpad en sluit 15 minute verder weer aan.  
     
Die bospadjie is boomryk  
     
Op die bospadjie word jy beloon met natuur  
     
There is a place in this world that you can see God thru all the pain. It's called Nature. He will meet you there. Any time    
     
Minder mense op bospadjie. Kan bietjie stilte ervaar  
     
Poison Oak kom voor. Bekyk die blaargroepering. "Leaves of three, let them be"  
     
   
     
Poison Oak soos 'n ivy  
     
Die boom wat met 2007 veldbrande gebrand het, lê nou omgestoot  
     
Interessant swammerige-parasiet groei uit die boomstam  
     
Kyk mooi en sien die eekhorinkie bo op die klip  
     
California Oaks vir die eerste myl  
     
Eerste blik van die Ramona Lake se damwal. Moeilik om te sien met die swak lig op die foto, maar reg in die middel van die foto in die mik van die berg  
     
Vurk: Links na Ramona Lake 1.4 myl, regs na Poway Lake  
     
Roete-aanwysings is goed. By die vurk in die pad na Lake Poway  
     
Net na die vurk, omstreeks halfpad, is piekniekbankies en fasiliteite  
     
En toe ek weer opkyk draf daar 'n Coyote so 'n 100 tree voor my oor die pad. Natuurlik is die kamera te stadig.  
     
die kleinerige Coyote is hier in die veldgras in. Spoorloos verdwyn.  
     
California Oaks  
     
California Oaks  
     
Draai links by die groot Sycamore boom. (Pad reguit aan is toe)  
     
Dieselfde Sycamore se toppe. Reeds gesê dit was bewolk né  
     
Interesante leersame plaatjies  
     
Die eindpunt is die Ramona Lake se damwal  
     
 
Nog 'n lekker roetetjie is Poway Lake (regs op foto) to Mt Woodson (radio toring links op foto)  
     
Die voeltjie, in die mik van die dooie takke, het vinnig weggeskarrel. Ons noem hom sommer Ou Rooigat aangesien hy 'n kenmerklike en maklik sigbare bruin-rooi vlek onder sy stert het.  
     
In ons terme is daar min voëls in San Diego. As die slim mense vir my sê wat sy naam is dan sal ek dit sommer nog plaas ook!